Afrikaans Bible

PSALMS 22

PSALMS

Return to Index

Chapter 23

1

'n Psalm van Dawid. Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie.

2

Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.

3

Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.

4

Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf die vertroos my.

5

U berei die tafel voor my aangesig teenoor my te√ęstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.

6

Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.

PSALMS 24

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Software is Available At These Sites: