Afrikaans Bible

2 KRONIEKE 19

2 KRONIEKE

Return to Index

Chapter 20

1

En daarna het die kinders van Moab en die kinders van Ammon, en saam met hulle 'n deel van die Meniete teen Josafat gekom om te veg.

2

Toe hulle kom en aan Josafat berig bring en sê: Daar kom 'n groot menigte teen u van anderkant die see, van Edom af, en kyk, hulle is al in H seson-Tamar -- dit is ngedi --

3

het Josafat bevrees geword en sy aangesig daarop gerig om die HERE te soek, en hy het oor die hele Juda 'n vasdag uitgeroep.

4

En Juda het byeengekom om van die HERE hulp te soek; selfs uit al die stede van Juda het hulle gekom om die HERE te soek.

5

Toe gaan Josafat in die vergadering van Juda en Jerusalem staan, in die huis van die HERE, voor die nuwe voorhof;

6

en hy sê: HERE, God van ons vaders, is U nie God in die hemel nie, en is U nie Heerser oor al die koninkryke van die nasies nie? Ja, in u hand is krag en sterkte, sodat niemand teen U kan standhou nie.

7

Het U, onse God, nie die inwoners van hierdie land voor u volk Israel uit verdrywe en dit vir altyd aan die nageslag van Abraham, u vriend, gegee nie?

8

En hulle het daarin gaan woon en daarin vir U 'n heiligdom tot eer van u Naam gebou, met die gedagte:

9

As daar oor ons onheil kom -- swaard, straf of pes of hongersnood -- sal ons voor hierdie huis en voor u aangesig gaan staan; want u Naam is in hierdie huis; en ons sal U aanroep uit ons benoudheid, dat U kan hoor en verlos.

10

En hier is nou die kinders van Ammon en Moab en die mense van die gebergte Se‹r, onder wie U Israel nie toegestaan het om te trek by hulle koms uit Egipteland nie; want hulle het van hulle weggedraai en hulle nie verdelg nie.

11

Ja, kyk, hulle vergeld ons dit deur te kom om ons uit u besitting te verdrywe wat U aan ons as 'n eiendom gegee het.

12

Onse God, sal U nie teen hulle strafgerig oefen nie? Want in ons is geen krag teenoor hierdie groot menigte wat teen ons gekom het nie; en ons weet nie wat ons moet doen nie, maar ons oë is op U.

13

En die hele Juda het voor die HERE gestaan, ook hulle kinders, hulle vroue en hulle seuns.

14

Toe kom die Gees van die HERE in die midde van die vergadering op Jah siël, die seun van Sagar¡a, die seun van Ben ja, die seun van Je‹-el, die seun van Matt nja, die Leviet uit die kinders van Asaf;

15

en hy het gesê: Luister, almal wat uit Juda is en inwoners van Jerusalem en u, koning Josafat! So sê die HERE aan julle: Wees nie bevrees of verskrik vanweë hierdie groot menigte nie, want die stryd is nie julle saak nie, maar die saak van God.

16

Trek môre af teen hulle: kyk, hulle kom op met die hoogte Hassis, en julle sal hulle aantref aan die kant van die dal voor die woestyn Jeruel.

17

Julle hoef daarby nie te veg nie; staan gereed, bly staan en aanskou die redding van die HERE by julle, Juda en Jerusalem! Vrees nie en wees nie verskrik nie; trek môre teen hulle uit, en die HERE sal met julle wees.

18

Toe buig Josafat hom met die aangesig na die aarde toe, en die hele Juda en die inwoners van Jerusalem het voor die aangesig van die HERE neergeval om die HERE te aanbid.

19

En die Leviete uit die kinders van die Kehatiete en uit die kinders van die Koragiete het opgestaan om die HERE, die God van Israel, met 'n baie groot stem te prys.

20

Daarop maak hulle die môre vroeg klaar en trek na die woestyn van Tekoa uit; en terwyl hulle uittrek, het Josafat gaan staan en gesê: Luister na my, Juda en inwoners van Jerusalem! Glo in die HERE julle God, dan sal julle bevestig word; glo aan sy profete, dan sal julle voorspoedig wees.

21

En hy het met die volk beraadslaag en tot eer van die HERE sangers opgestel wat, in heilige sieraad, moes lofsing en by die uittrek op die voorpunt van die gewapendes moes sê: Loof die HERE, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!

22

En op die oomblik toe hulle die gejubel en die lofsang aanhef, het die HERE 'n hinderlaag opgestel teen die kinders van Ammon, Moab en die mense van die gebergte Se‹r wat teen Juda gekom het, sodat hulle verslaan is.

23

Die kinders van Ammon en Moab het naamlik opgetree teen die inwoners van die gebergte Se‹r om uit te roei en te verdelg; en toe hulle met die inwoners van Se‹r klaar was, het hulle mekaar in die verderf gehelp.

24

En toe Juda op die wagkop by die woestyn kom en hulle na die menigte kyk, lê hulle daar dood op die grond; en niemand het vrygeraak nie.

25

Daarop het Josafat en sy manskappe gekom om die buit in te samel en hulle het by hulle 'n menigte goed en klere en kosbare voorwerpe gekry, en het soveel vir hulle gebuit dat hulle dit nie kon wegdra nie; en hulle was drie dae lank besig om die buit in te samel, want dit was groot.

26

En op die vierde dag het hulle in die Lofdal byeengekom, want daar het hulle die HERE geloof; daarom het hulle die plek Lofdal genoem tot vandag toe.

27

Toe draai al die manne van Juda en Jerusalem om, met Josafat aan hulle hoof, om met vreugde na Jerusalem terug te gaan; want die HERE het aan hulle vreugde verskaf oor hul vyande.

28

En hulle het Jerusalem ingetrek met harpe en siters en trompette, na die huis van die HERE.

29

En die skrik vir God was op al die koninkryke van die lande toe hulle hoor dat die HERE teen die vyande van Israel gestry het.

30

Verder het die koninkryk van Josafat gerus, en sy God het hom rondom rus verskaf.

31

En Josafat het oor Juda geregeer; hy was vyf en dertig jaar oud toe hy koning geword het, en vyf en twintig jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Asuba, die dogter van Silhi.

32

En hy het gewandel in die weg van sy vader Asa en daar nie van afgewyk nie, en het gedoen wat reg was in die oë van die HERE.

33

Net die hoogtes is nie afgeskaf nie: die volk het nog nie hulle hart op die God van hulle vaders gerig nie.

34

En die verdere geskiedenis van Josafat, die vroeëre en die latere, kyk, dit is beskrywe in die Geskiedenis van Jehu, die seun van Han ni, wat opgeneem is in die Boek van die konings van Israel.

35

Maar daarna het Josafat, die koning van Juda, 'n bondgenootskap aangegaan met Ah sia, die koning van Israel, wat goddeloos gehandel het.

36

En hy het hom as bondgenoot geneem om skepe te bou om na Tarsis te vaar; en hulle het skepe gebou in seon-Geber.

37

Maar Eliëser, die seun van Dodawa, uit Mar‚sa, het teen Josafat geprofeteer en gesê: Omdat u 'n bondgenootskap met Ah sia aangegaan het, verbreek die HERE u werk. En die skepe het skipbreuk gely, sodat hulle nie in staat was om na Tarsis te vaar nie.

2 KRONIEKE 21

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Software is Available At These Sites: