Afrikaans Bible

2 KONINGS 5

2 KONINGS

Return to Index

Chapter 6

1

En die profete-seuns het vir El¡sa gesê: Kyk tog, die plek waar ons voor u woon, is vir ons te nou.

2

Laat ons tog na die Jordaan gaan en elkeen daarvandaan 'n balk gaan haal, dat ons daar vir ons 'n plek kan maak om daar te woon. En hy het gesê: Gaan.

3

Maar een sê: Gaan tog asseblief saam met u dienaars. En hy antwoord: Ek sal gaan.

4

En hy het saam met hulle gegaan. En toe hulle by die Jordaan kom, het hulle bome omgekap.

5

Maar terwyl een die balk kap, val die yster in die water; en hy roep uit en sê: Ag, my heer, dit is nogal geleen!

6

En die man van God vra: Waar het dit geval? En toe hy hom die plek wys, het hy 'n stok afgesny en dit daarheen gegooi en die yster bo laat drywe.

7

En hy sê: Haal dit nou maar uit! En hy het sy hand uitgesteek en dit geneem.

8

Terwyl die koning van Aram besig was om oorlog te voer teen Israel, het hy met sy dienaars beraadslaag en gesê: Op die en die plek sal my laer staan.

9

Maar die man van God het die koning van Israel laat weet: Pas op dat u nie deur daardie plek trek nie, want die Arameërs trek daarheen af.

10

Daarom het die koning van Israel na die plek gestuur waarvan die man van God met hom gespreek en waarvoor hy hom gewaarsku het. En hy was daar op sy hoede, nie net een maal of twee maal nie.

11

Toe word die hart van die koning van Aram hieroor onrustig, en hy roep sy dienaars en sê vir hulle: Kan julle my nie te kenne gee wie van ons mense vir die koning van Israel is nie?

12

En een van sy dienaars antwoord: Nee, my heer die koning, maar El¡sa, die profeet wat in Israel is, kan die koning van Israel die woorde te kenne gee wat u in u slaapkamer spreek.

13

En hy sê: Gaan kyk waar hy is, dat ek hom kan laat vang. En daar is aan hom te kenne gegee en gesê: Hy is daar in Dotan.

14

So het hy dan daarheen perde en strydwaens en 'n swaar leër gestuur, en hulle het in die nag gekom en die stad omsingel.

15

En toe die dienaar van die man van God vroeg opstaan en uitgaan, was daar 'n leër met perde en strydwaens rondom die stad. En sy dienaar sê vir hom: Ag, my heer, hoe sal ons maak?

16

Maar hy antwoord: Vrees nie; want die wat by ons is, is meer as die wat by hulle is.

17

En El¡sa het gebid en gesê: HERE, open tog sy oë, dat hy kan sien. En die HERE het die oë van sy dienaar geopen, dat hy kon sien, en meteens was die berg vol perde en waens van vuur rondom El¡sa.

18

En toe hulle na hom afkom, het El¡sa tot die HERE gebid en gesê: Slaan tog hierdie mense met blindheid. En Hy het hulle op die woord van El¡sa met blindheid geslaan.

19

Daarop sê El¡sa vir hulle: Dit is nie die weg, en dit is nie die stad nie; volg my, dan sal ek julle lei na die man wat julle soek; en hy het hulle na Samar¡a gelei.

20

En by hulle aankoms in Samar¡a, sê El¡sa: HERE, open hulle oë, dat hulle kan sien. En die HERE het hulle oë geopen, dat hulle kon sien, en daar was hulle binne-in Samar¡a!

21

En die koning van Israel sê vir El¡sa toe hy hulle sien: Moet ek verslaan, moet ek verslaan, my vader?

22

Maar hy antwoord: U mag nie verslaan nie. Sou u dan verslaan die wat u met u swaard en u boog as gevangenes weggevoer het? Sit aan hulle brood en water voor, dat hulle kan eet en drink en na hulle heer kan trek.

23

En hy het hulle 'n groot maaltyd berei; en nadat hulle geëet en gedrink het, laat hy hulle gaan; en hulle het na hul heer getrek. En die bendes van die Arameërs het verder nie meer in die land van Israel gekom nie.

24

En daarna het B‚nhadad, die koning van Aram, sy hele leër versamel en opgetrek en Samar¡a beleër.

25

En daar was 'n groot hongersnood in Samar¡a, want hulle het dit beleër totdat 'n eselskop tagtig sikkels silwer en 'n kwart-kab duiwemis vyf sikkels silwer werd was.

26

En terwyl die koning op die muur verbygaan, roep 'n vrou na hom en sê: Help, heer koning!

27

Maar hy antwoord: As die HERE jou nie help nie, waarvandaan moet ek jou dan help? Van die dorsvloer of van die parskuip?

28

Verder sê die koning vir haar: Wat is dit met jou? En sy antwoord: Hierdie vrou het vir my gesê: Gee jou seun, dat ons hom vandag eet; dan kan ons môre my seun eet.

29

So het ons dan my seun gekook en hom geëet; maar toe ek die volgende dag vir haar sê: Gee jou seun, dat ons hom eet -- het sy haar seun weggesteek.

30

En toe die koning die woorde van die vrou hoor, skeur hy sy klere, terwyl hy op die muur verder loop -- die mense het gesien hoe daar 'n roukleed onder op sy liggaam was --

31

en hy sê: Mag God so aan my doen en so daaraan toedoen, as die hoof van El¡sa, die seun van Safat, vandag op hom sal bly staan.

32

En terwyl El¡sa in sy huis sit en die oudstes by hom sit, het die koning 'n man voor hom uit gestuur; maar voordat die boodskapper by hom kom, sê hy aan die oudstes: Het julle gesien dat hierdie moordenaarskind stuur om my hoof af te slaan? Let op! Sodra die boodskapper kom, sluit dan die deur toe en druk hom met die deur weg. Is die geruis van sy heer se voetstappe nie agter hom nie?

33

Terwyl hy nog met hulle spreek, kom die boodskapper juis af na hom toe. En die koning sê: Kyk, hierdie onheil kom van die HERE; wat sou ek langer op die HERE wag?

2 KONINGS 7

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Software is Available At These Sites: