Afrikaans Bible

1 KONINGS 19

1 KONINGS

Return to Index

Chapter 20

1

En B‚nhadad, die koning van Aram, het sy hele leër versamel -- twee en dertig konings was saam met hom, met perde en strydwaens -- en opgetrek en Samar¡a beleër en daarteen geveg.

2

Ook het hy boodskappers na Agab, die koning van Israel, gestuur in die stad

3

en hom laat weet: So sê B‚nhadad: U silwer en u goud, dit is myne; en u mooiste vroue en kinders, hulle is myne.

4

Toe antwoord die koning van Israel en sê: Volgens u woord, my heer die koning, ek is uwe met alles wat ek het!

5

Daarop kom die boodskappers weer en sê: So spreek B‚nhadad: Ek het u wel laat weet: U silwer en u goud en u vroue en u kinders moet u aan my gee.

6

Maar môre sulke tyd sal ek my dienaars na u stuur, dat hulle u huis en die huise van u dienaars deursoek; en hulle sal alles wat begeerlik is in u oë, in hulle hand lê en wegneem.

7

Toe roep die koning van Israel al die oudstes van die land en sê: Let tog op en kyk hoe die man moeilikheid soek, want hy het na my gestuur om my vroue en my kinders en my silwer en my goud te laat haal, en ek het dit hom nie geweier nie.

8

Maar al die oudstes en die hele volk antwoord hom: Luister nie, en u mag nie inwillig nie.

9

Daarom het hy aan die boodskappers van B‚nhadad gesê: Sê aan my heer die koning: Alles wat u die eerste keer u dienaar laat weet het, sal ek doen; maar hierdie ding kan ek nie doen nie. En die boodskappers het weggegaan en hom antwoord gebring.

10

Daarop laat B‚nhadad hom weet: Mag die gode so aan my doen en so daaraan toedoen -- die puin van Samar¡a is nie genoeg vir die holle hande van al die manskappe wat my voetstappe volg nie!

11

Maar die koning van Israel het dit geantwoord: Sê vir hom: Die een wat hom vasgord, moet hom nie beroem soos die een wat hom losgord nie.

12

En toe hy hierdie woord hoor, terwyl hy besig was om te drink, hy en die konings in die tente, sê hy aan sy dienaars: Gooi walle op! En hulle het walle opgegooi teen die stad.

13

Opeens kom daar 'n profeet na Agab, die koning van Israel, en sê: So spreek die HERE: Het jy hierdie hele groot menigte gesien? Kyk, Ek gee hulle vandag in jou hand, dat jy kan weet dat Ek die HERE is.

14

En Agab sê: Deur wie? En hy antwoord: So spreek die HERE: Deur die jongmanne van die owerstes van die provinsies. En hy sê: Wie moet die geveg begin? En hy antwoord: U.

15

Toe tel hy die jongmanne van die owerstes van die provinsies, en hulle was twee honderd twee en dertig; en n  hulle tel hy al die manskappe, al die kinders van Israel: sewe duisend.

16

En hulle het op die middag uitgetrek terwyl B‚nhadad hom dronk gedrink het in die tente, hy en die konings, die twee en dertig konings wat sy bondgenote was.

17

En die jongmanne van die owerstes van die provinsies het eerste uitgetrek. Maar B‚nhadad het uitgestuur, en hulle het hom berig gebring en gesê: Uit Samar¡a het manne uitgetrek.

18

En hy sê: As hulle vir vrede uitgetrek het, gryp hulle lewendig; en as hulle vir oorlog uitgetrek het, gryp hulle lewendig.

19

Daarop trek die jongmanne van die owerstes van die provinsies uit die stad uit en die leër agter hulle aan;

20

en hulle verslaan elkeen sy man, sodat die Arameërs gevlug en Israel hulle agtervolg het. Maar B‚nhadad, die koning van Aram, het vrygekom op 'n perd met perderuiters saam.

21

En die koning van Israel het uitgetrek en perde en strydwaens verslaan, sodat hy 'n groot slag onder die Arameërs geslaan het.

22

Toe kom die profeet na die koning van Israel en sê vir hom: Gaan, wees sterk; en ondersoek en kyk wat u moet doen; want n  verloop van 'n jaar sal die koning van Aram teen u optrek.

23

Want die dienaars van die koning van Aram het vir hom gesê: Hulle gode is berggode; daarom was hulle vir ons te sterk; maar as ons met hulle op die vlakte veg, sal ons sekerlik sterker wees as hulle.

24

Daarom, doen hierdie ding: Verwyder die konings, elkeen uit sy plek, en stel goewerneurs aan in hulle plek.

25

En werf self vir u 'n leër soos die leër wat u verloor het, en perde soos die perde, en strydwaens soos die waens; en laat ons teen hulle in die vlakte veg; dan sal ons sekerlik sterker wees as hulle. En hy het na hulle geluister en so gedoen.

26

En n  verloop van 'n jaar het B‚nhadad die Arameërs gemonster en opgetrek na Afek om teen Israel te veg.

27

Die kinders van Israel is ook gemonster en van lewensmiddele voorsien, en het hulle tegemoetgetrek; en die kinders van Israel het teenoor hulle laer opgeslaan soos twee klompies bokke, terwyl die land vol Arameërs was.

28

Toe kom die man van God nader en sê aan die koning van Israel: So spreek die HERE: Omdat die Arameërs gesê het: Die HERE is 'n god van die berge, en Hy is nie 'n god van die laagtes nie -- daarom sal Ek hierdie hele groot menigte in jou hand gee, dat julle kan weet dat Ek die HERE is.

29

En hulle was sewe dae lank teenoor mekaar gelaer; maar op die sewende dag het die geveg begin, en die kinders van Israel het van die Arameërs honderd duisend voetgangers op een dag verslaan.

30

En die wat oor was, het na Afek, na die stad gevlug, en die muur het op die sewe en twintig duisend man geval wat oor was. B‚nhadad, wat ook die stad ingegaan het, het van kamer tot kamer gevlug.

31

Toe sê sy dienaars vir hom: Kyk tog, ons het gehoor dat die konings van die huis van Israel genadige konings is; laat ons tog rouklere om ons heupe bind en bande om ons hoofde en uitgaan na die koning van Israel; moontlik sal hy u in die lewe behou.

32

Toe het hulle rouklere om hul heupe vasgegord en bande om hul hoofde en na die koning van Israel gekom en gesê: U dienaar B‚nhadad sê: Laat my tog lewe! En hy antwoord: Lewe hy dan nog? Hy is my broer.

33

En die manne het hulle dit dadelik toegeëien as 'n gunstige voorteken van sy kant en gesê: B‚nhadad is u broer! Daarop sê hy: Gaan haal hom. En B‚nhadad het uitgekom na hom, en hy het hom op die wa laat klim.

34

En B‚nhadad sê vir hom: Die stede wat my vader van u vader afgeneem het, sal ek teruggee, en u kan vir u winkelstrate aanlê in Damaskus soos my vader in Samar¡a aangelê het. En ek, sê Agab, sal u op hierdie verbond laat gaan. Hy het toe 'n verbond met hom gesluit en hom laat gaan.

35

Daarna het 'n sekere man uit die profete-seuns deur die woord van die HERE aan sy maat gesê: Slaan my tog! Maar die man het geweier om hom te slaan.

36

Toe sê hy vir hom: Omdat jy nie na die stem van die HERE geluister het nie, kyk, as jy van my af weggaan, sal 'n leeu jou doodmaak. En toe hy van hom af weggaan, het 'n leeu hom gekry en hom gedood.

37

Daarna het hy 'n ander man gekry en gesê: Slaan my tog! En die man het hom so geslaan, dat hy hom gewond het.

38

Toe vertrek die profeet en gaan die koning op die pad voorstaan; daarby maak hy homself onkenbaar met 'n verband oor sy oë.

39

En terwyl die koning verbygaan, roep hy na die koning en sê: U dienaar het uitgetrek in die geveg; en daar kom iemand eenkant toe en bring 'n man na my en sê: Bewaak hierdie man; as hy ooit gemis word, sal jou lewe in die plek van sy lewe wees, of jy sal 'n talent silwer moet betaal.

40

Maar onderwyl u dienaar hier en daar besig was, het hy verdwyn. Toe sê die koning van Israel vir hom: So is jou vonnis: jy het dit self bepaal.

41

Daarop neem hy gou die verband van sy oë af weg en die koning van Israel herken hom, dat hy een van die profete was.

42

En hy sê vir hom: So spreek die HERE: Omdat jy die man wat deur my banvloek getref was, uit die hand laat gaan het, daarom sal jou siel in die plek van sy siel en jou volk in die plek van sy volk wees.

43

En die koning van Israel het na sy huis getrek, verbitterd en toornig, en hy het in Samar¡a aangekom.

1 KONINGS 21

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Software is Available At These Sites: