Afrikaans Bible

1 SAMUEL 13

1 SAMUEL

Return to Index

Chapter 14

1

En op 'n dag het Jonatan, die seun van Saul, aan die dienaar wat sy wapens dra, gesê: Kom, ons gaan oor na die wagpos van die Filistyne wat daar oorkant is. Maar aan sy vader het hy dit nie te kenne gegee nie.

2

En Saul het gesit op die grens van G¡bea onder die granaatboom wat by Migron staan; en die manskappe by hom was omtrent ses honderd man.

3

En Ah¡a, die seun van Ah¡tub, die broer van Ikabod, die seun van P¡nehas, die seun van Eli, die priester van die HERE in Silo, het die skouerkleed gedra. Maar die manskappe het nie geweet dat Jonatan weggegaan het nie.

4

Nou was daar tussen die passe waar Jonatan wou deurgaan na die wagpos van die Filistyne, 'n spits rots oorkant en 'n spits rots duskant, en die naam van die een was Boses en die naam van die ander Sene.

5

Die een spits staan soos 'n pilaar noord teenoor Migmas, en die ander een suid teenoor Geba.

6

Jonatan dan het aan die dienaar wat sy wapens dra, gesê: Kom, ons gaan oor na die wagpos van daardie onbesnedenes; miskien sal die HERE vir ons optree, want by die HERE is daar geen verhindering om deur baie of deur min te verlos nie.

7

Toe sê sy wapendraer vir hom: Doen alles wat in u hart is, maak soos u wil; hier is ek by u volgens die wens van u hart.

8

Daarop sê Jonatan: Kyk, ons sal na die manne toe oorgaan en ons aan hulle vertoon.

9

As hulle vir ons so sê: Staan stil totdat ons by julle kom! dan moet ons op ons plek bly staan en nie na hulle opklim nie.

10

Maar as hulle so sê: Kom op na ons toe! dan klim ons op, want dan het die HERE hulle in ons hand gegee; en dit sal vir ons die teken wees.

11

Toe hulle twee hul aan die wagpos van die Filistyne vertoon, sê die Filistyne: Kyk, daar kom Hebreërs uit die gate uit waar hulle weggekruip het.

12

En die manne van die wagpos het Jonatan en sy wapendraer aangespreek en gesê: Klim op na ons toe, dan sal ons julle 'n les leer! Daarop sê Jonatan aan sy wapendraer: Klim op agter my aan, want die HERE het hulle in die hand van Israel gegee.

13

En Jonatan het op sy hande en voete uitgeklim, en sy wapendraer agter hom aan; en hulle het voor Jonatan geval terwyl sy wapendraer agter hom aan van kant maak.

14

Hierdie eerste slag waarin Jonatan en sy wapendraer ongeveer twintig man verslaan het, het plaasgevind op omtrent die helfte van 'n aanvoorsel van 'n stuk land.

15

Toe kom daar 'n skrik in die laer, in die veld en onder al die manskappe; die wagpos en die roofkommando, hulle het ook geskrik, ja, die land het gebewe, sodat dit 'n skrik van God geword het.

16

En toe die spioene van Saul in G¡bea in Benjamin sien dat die menigte daar verward heen en weer golf,

17

sê Saul aan die manskappe wat by hom was: Hou tog 'n monstering en kyk wie van ons af weggegaan het. En by die monstering het geblyk dat Jonatan en sy wapendraer daar nie was nie.

18

Toe sê Saul vir Ah¡a: Bring die ark van God nader. Want die ark van God was in die tyd by die kinders van Israel.

19

En terwyl Saul nog met die priester spreek en die rumoer wat in die laer van die Filistyne was, altyddeur groter word, sê Saul vir die priester: Trek jou hand terug!

20

Saul en al die manskappe wat by hom was, is toe saamgeroep, en hulle het by die geveg aangekom; en kyk, die swaard van die een was teen die ander -- 'n baie groot verwarring.

21

Selfs die Hebreërs wat die Filistyne soos gister en eergister bygestaan het, wat verspreid met hulle saam in die leër opgetrek het, hulle het ook aangesluit by die Israeliete wat saam met Saul en Jonatan was.

22

Toe al die manne van Israel wat op die gebergte van Efraim weggekruip het, hoor dat die Filistyne vlug, het die hulle ook in die geveg agternagesit.

23

En die HERE het Israel op die dag verlos. Toe die geveg dan by Bet-Awen verbygaan,

24

en die manne van Israel die dag aangedryf word, het Saul die manskappe besweer en gesê: Vervloek is die man wat iets eet tot vanaand, sodat ek my op my vyande kan wreek. Daarom het al die manskappe aan niks geproe nie.

25

En al die mense het in 'n bos gekom, en daar was heuning op die veld.

26

Toe die manskappe in die bos kom, was daar oorvloed van heuning; maar niemand het met sy hand aan sy mond geraak nie, omdat die manskappe bevrees was vir die eed.

27

Maar Jonatan het nie gehoor toe sy vader die manskappe besweer het nie en het die punt van die staf wat in sy hand was, uitgesteek en dit in 'n heuningkoek gedoop en sy hand aan sy mond gebring, en sy oë het helder geword.

28

Daarop spreek een van die manskappe hom aan en sê: Jou vader het die manskappe met hierdie dure eed besweer: Vervloek is die man wat vandag iets eet. Daarom is die volk afgemat.

29

En Jonatan sê: My vader stort die land in die ongeluk; kyk tog hoe helder my oë nou is, omdat ek hierdie bietjie heuning geproe het.

30

Hoeveel te meer as die manskappe vandag vry kon eet van die buit van hul vyande wat hulle gevind het! Maar nou is die slagting onder die Filistyne nie groot nie.

31

Maar die dag het hulle die Filistyne verslaan van Migmas af na Ajalon toe, en die manskappe was baie afgemat.

32

En die manskappe het op die buit afgestorm, en kleinvee en beeste en kalwers geneem en dit op die grond geslag, en die manskappe het dit met bloed en al geëet.

33

Toe daar aan Saul geboodskap is: Kyk, die manskappe besondig hulle teen die HERE deur met bloed en al te eet, het hy gesê: Julle handel troueloos; rol nou 'n groot klip na my toe.

34

Verder het Saul gesê: Versprei julle onder die manskappe en sê aan hulle: Bring na my elkeen sy bees en elkeen sy stuk kleinvee, en slag dit hier en eet; maar besondig julle nie teen die HERE deur met bloed en al te eet nie. En al die manskappe het elkeen in die nag sy bees met sy hand gebring en dit daar geslag.

35

En Saul het vir die HERE 'n altaar gebou; dit was die eerste altaar wat hy vir die HERE gebou het.

36

Toe sê Saul: Laat ons in die nag aftrek agter die Filistyne aan, en laat ons onder hulle plunder totdat dit môre lig word; en ons moet nie een onder hulle laat oorbly nie. En hulle antwoord: Doen alles wat goed is in u oë. Maar die priester het gesê: Laat ons hier tot God nader.

37

Toe het Saul God geraadpleeg: Sal ek aftrek agter die Filistyne aan? Sal U hulle in Israel se hand gee? Maar Hy het hom die dag nie geantwoord nie.

38

En Saul sê: Kom nader hierheen, al die hoofde van die volk, en ondersoek en kyk waarin hierdie sonde vandag begaan is.

39

Want so waar as die HERE leef wat Israel verlos, al was dit ook in my seun Jonatan, dan moet hy sekerlik sterwe! Maar niemand uit al die manskappe het hom geantwoord nie.

40

Daarop sê hy aan die hele Israel: Julle moet eenkant staan, en ek en my seun Jonatan sal eenkant staan. En die manskappe antwoord Saul: Doen wat goed is in u oë.

41

Toe sê Saul aan die HERE: God van Israel, gee tog die waarheid! En Jonatan en Saul is aangewys, maar die manskappe het vry uitgegaan.

42

En Saul sê: Werp die lot tussen my en my seun Jonatan. En Jonatan is aangewys.

43

Daarop vra Saul vir Jonatan: Gee my tog te kenne wat jy gedoen het. En Jonatan het hom te kenne gegee en gesê: Ek het net 'n bietjie heuning geproe met die punt van die staf wat in my hand was; hier is ek, ek sal sterwe.

44

Toe sê Saul: Mag God aan my so doen en so daaraan toedoen, jy moet sekerlik sterwe, Jonatan!

45

Maar die manskappe het aan Saul gesê: Moet Jonatan sterwe wat hierdie groot verlossing in Israel bewerk het? Volstrek nie! So waar as die HERE leef, geen haar van sy hoof sal op die aarde val nie! Want met God het hy dit vandag gedoen. So het die volk dan Jonatan losgekoop, dat hy nie gesterf het nie.

46

Daarna het Saul agter die Filistyne teruggetrek, en die Filistyne het na hulle plek gegaan.

47

So het Saul dan die koningskap oor Israel verkry en oorlog gevoer rondom teen al sy vyande: teen Moab en teen die kinders van Ammon en teen Edom en teen die konings van Soba en teen die Filistyne; en oral waarheen hy hom gewend het, het hy straf geoefen.

48

En hy het hom dapper gedra: hy het Amalek verslaan en Israel gered uit die hand van sy berower.

49

En die seuns van Saul was Jonatan en Jiswi en Malkisua, en die naam van sy twee dogters: die naam van die oudste was Merab, en die naam van die jongste Migal.

50

En die naam van Saul se vrou was Ah¡noam, 'n dogter van Ah¡maäs; en die naam van sy leërowerste was Abner, die seun van Ner, die oom van Saul.

51

En Kis was die vader van Saul, en Ner, die vader van Abner, was die seun van Ab¡ël.

52

Die oorlog teen die Filistyne was hewig al die dae van Saul; en waar Saul ook 'n held of 'n dapper man sien, het hy hom by hom opgeneem.

1 SAMUEL 15

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Software is Available At These Sites: